GRONDBOONTJIEBOTTER YSKASKOEK

 



GRONDBOONTJIEBOTTER YSKASKOEK


1 Pakkie tennisbeskuitjies fyngerol en 100gr gesmelte botter vir jou kors. Druk in tertpan vas

250gr roomkaas

1 Kop grondboontjiebotter

½ Kop suiker

1 teel vanilla geursel

250 ml room


Ekstra room (styfgeklop) sjokolade snysels en sjokolade sous vir versiering


Met ‘n klitser, meng die roomkaas en suiker tot glad. Meng in die grondboontjiebotter en vanilla geursel in. Vou in die styfgeklopte room. Skep in die tertkors .


Plaas in yskas vir tenminste 4 ure. Net voor opdiening, versier met ekstra styfgeklopte room, sjokolade stroop en sjokolade snysels

Post a Comment

Previous Post Next Post