BANANA SPLIT YSKASTERT


 


BANANA SPLIT YSKASTERT


1 Pakkie “banana instant” poeding (aangemaak met 2 kop melk)

250gr roomkaas (by kamertemperatuur)

½ kop versiersuiker

250ml room

2 pakkies tennisbeskuitjies

500gr aarbeie

1 Blikkie pynappelstukkies (goed gedreineer)

10 na 12 kersies – gekap

Sjokolade en karamel sous

Gekapte neute


Maak jou piesang instant poeding aan met 3 kop melk

Klits die roomkaas en versiersuiker tot gladde mengsel

Meng ½ kop piesang poeding in by die roomkaasmengsel en meng goed deur

Klits die room tot styf

Meng 2/3 van die room in by die roomkaas mengsel

Begin deur ‘n lagie koekies onder in ‘n bak te pak

Smeer ½ van die roomkaas mengsel oor

Sny nou dun skyfies aarbeie en pak bo-op

Smeer nou ‘n lagie met die ½ van die piesang poeding oor

Pak weer ‘n lagie koekies

Smeer orige roomkaas mengsel oor

Gooi die pynappel en kersies oor

Gooi die laaste piesang poeding oor

Pak weer ‘n lagie koekies

Eindig af met die styfgeklopte room

Spuit nou nou die sjokolade en karamel oor met die neute

Sit in die yskas vir tenminste 4 ure of oornag

Indien jy kleiner glasbak wil gebruik kan jy meer lae pak

Indien jy die sjokolade en karamelsous wil los, strooi net neute en nog fyngemaakte tennisbeskuitjies oor

Post a Comment

Previous Post Next Post