LEKKER PYNAPPEL CREMORATERT


 

LEKKER PYNAPPEL CREMORATERT


500g Cremora melkpoeier

250ml kookwater

2x397g kondensmelk (verkoel)

250ml suurlemoensap

12 Tennisbeskuitjies

410g fyngemaakte pynappels


Los die melkpoeier in die kookwater op en verkoel vir 1 uur in die yskas.


Roer die kondensmelk by en klits tot styf. Klits die suurlemoensap geleidelik by en roer die fyn pynappel deur.


Pak beskuitjies in ‘n plat reghoekige tertbord en giet die mengsel bo-oor.


Plaas in die yskas tot stewig en versier met room indien verkies. Lewer 1 groot tert.


lekker resepte vir die jongergeslag

1 Comments

Previous Post Next Post